Back to the Europ Assistance SA home page
About Europ Assistance News, articles and events aurrounding europ asssistance Assistance, a many-facetted trade Offering seven products daily Careers
Media Centre > Newsroom > Press Release Archive > Europ Assistance SA groei sterk
Media Centre
Newsroom
Current Press Releases
Press Release Archive
Newsletter
Latest Newsletter
Newsletter Archive
Facts and Figures
Facts and Figures
Media Contacts
Media Contacts
 

Europ Assistance SA groei sterk

2006/03/23

Die afgelope twee dekades het Europ Assistance Suid-Afrika fenomenale groei in die inbelsentrumbedryf ondervind. Weens sy produkreeks en internasionale kundigheid, word dié maatskappy vandag allerweë beskou as die verskaffer van die mees omvattende reeks hulpdienste in die land.

In die vroeë negentigerjare, is die 24-uur verpleeglynproduk in Amerika bekom en in SA bekend gestel. Dit het sowat ‘n jaar geneem om die produk, bekend as die Personal Health Advisor®, te verSuid-Afrikaans en vandag het sowat 8 miljoen gesinne toegang tot dié waardevolle diens.

Die diens bied die inbeller die geleentheid om ‘n ingeligte besluit te neem en die gepaste sorg te bekom oor ‘n besering of siekte deurdat noodsaaklike advies telefonies verskaf word.

Mediese skemalede kan telefonies hul toevlug neem tot professionele mediese advies wat hul verantwoordelikheid en betrokkenheid by hul gesondheid verhoog. Die keuses wat gemaak word ten opsigte van beskikbare mediese skemaopsies het ‘n groot impak op die soort optrede en lede se aanspraak op sorg.  Aktief bestuurde gesondheidsorg help om uitgawes vir mediese skemas én hul lede te verminder.

“Dié produkte help om die maatskappy so suksesvol te maak,” beklemtoon uitvoerende hoof Gys Steyn. “Die groot verandering het in 2002 gekom toe Care Assist met Europ Assistance SA saamgesmelt, en die maatskappye se dienste gekombineer is. Dit was ‘n goeie vennootskap aangesien ons op mediese en paddienste, regsadvies en onversekerde verliesherstel gekonsentreer het, en Europ Assistance alombekend was in die reisbystandsbedryf.

 “Die samesmelting het spesifieke voordele gebring en die twee maatskappye se infrastruktuur is saamgevoeg en tans in Richmond, Johannesburg gesetel. Die gekombineerde dienste en kundigheid het die maatskappy die omvang en handelsnaam gegee om verder te groei en winsgewendheid te verhoog,” sê Steyn.

Dit het ook die weg gebaan vir die loodsing van nuwe sake-eenhede. “In 2003 het ons MRI Criticare se hulpdiens oorgeneem en winsgewendheid het die hoogte in geskiet. In dié tyd het ons personeel tot 270 gegroei. Vandag staan die werknemertal op 300 - en ons groei steeds.”

Steyn sê Europ Assistance SA spits hom nie net toe op organiese groei nie, maar ook op moontlike oornames van organisasies en ondernemings wat die maatskappy komplementeer. “Dié maatskappye se produkte sal inpas by ons huidige reeks, of dit sal soortgelyke hulpmaatskappye wees wat ons die voordele van samesmelting sal gee deur infrastruktuur te konsolideer,” verduidelik hy.

Steyn sê Europ Assistance SA groei teen so ‘n vinnige pas dat die inbelsentrumdiens vanjaar  na ‘n nuwe perseel verskuif moet word. “Die gebruik van die dienste wat Europ Assistance SA aanbied, het die afgelope jaar beduidend gegroei. Dit is positief, want die waargenome waarde van die produkte en dienste het nie net vir die korporatiewe kliënt, maar ook vir eindgebruikers gegroei,” verduidelik Steyn.

“Om te verseker dat ons aan die diensvlakke voldoen wat ons kliënte van ons verwag, is daar deurgaans ‘n ‘vernuwingsoefening’ in die inbelsentrums. Dit word op ‘n daaglikse basis bestuur en gemonitor om uitnemendheid te verseker. Ons telefone word binne ‘n kwessie van sekondes beantwoord. Uit ‘n bedryfsoogpunt bly die groot uitdaging om deurgaans ‘n gehaltediens te lewer,” beklemtoom Steyn.


 
Click here for our
latest Newsletter
 
© Europ Assistance 2005    |    Legal notice    |    Website Disclaimer
This site is optimized for 1024 x 768 pixels