Back to the Europ Assistance SA home page
About Europ Assistance News, articles and events aurrounding europ asssistance Assistance, a many-facetted trade Offering seven products daily Careers
Media Centre > Newsroom > Press Release Archive > Altyd iets ekstra
Media Centre
Newsroom
Current Press Releases
Press Release Archive
Newsletter
Latest Newsletter
Newsletter Archive
Facts and Figures
Facts and Figures
Media Contacts
Media Contacts
 

Altyd iets ekstra

2005/02/20

Met altesame 49 takke landwyd - die nuutste het onlangs in Vereeniging sy deure geopen - is Auto Pedigree nou beslis die nommer een-netwerk vir gebruikte motors in die land. Maar afgesien van dié status het Auto Pedigree oor die jare heen bekend geword daarom dat jy altyd iets ekstra kry as deel van die transaksie as jy ‘n laat model gebruikte motor van gehalte by een van dié maatskappy se takke aanskaf.

Boonop is totale gemoedsrus deel van die koopervaring, want elke voertuig van Auto Pedigree kom met ‘n volledige versienings- en duikklopper-geskiedenis, ‘n polisie- en bankklaring en ‘n g’n-nonsense-g’n-gekibbel-sewe-dae-omruilplan.

Voorts is jy verseker van ‘n goeie inruilprys op jou ryding, asook uitmuntende diens. En om alles te kroon, is ‘n uitgebreide 24-maande-waarborg opsioneel beskikbaar.

Meer as 70 gelukkige Auto Pedigree-klante kan daarvan getuig dat hulle in die afgelope Kersvakansie iets ekstra gekry het, want hulle het elk ‘n Weber-braai ter waarde van meer as R1 000 ontvang in Auto Pedigree se spesiale Kersaanbieding.

En die Auto+Plan-lid Eva Kgabane van Middelburg in Mpumalanga het sommer ‘n groot prys los geslaan. Sy het ‘n Venter-waentjie ter waarde van meer as R7 000 gewen. Vanjaar sal Auto Pedigree nóg opwindende spesiale aanbiedings en kompetisies aanbied.

Auto+Plan, nog ‘n ekstra diens wat Auto Pedigree aanbied, is in Augustus verlede jaar bekend gestel. Dié klanteverhoudingeprogram is daarop gemik om selfs nog beter diens aan Auto Pedigree-klante te bied.

Wanneer jy ‘n voertuig by enige van die 48 Auto Pedigree-takke in Suider-Afrika koop, kan jy lid word van die Auto Pedigree-familie met jou eie Auto+Plan-kaart. Dit is jou sleutel tot toegevoegde waarde en sluit ‘n kwartaallikse nuusbrief in met inligting oor kompetisies, spesiale annbiedings, afslagpryse, motorwenke en nog veel meer.

Die Auto+Plan word saam met Europ Assist bestuur en gee Auto Pedigree-klante groot voordele, soos pad-, regs-, reis- en mediese noodbystand. Al dié dienste is 24 uur beskikbaar.

Of jy nou gestrand is langs die pad, of ‘n mediese noodgeval het terwyl jy op reis is, of by die werk of tuis, indien jy regshulp soek of hulp met rigting- en padaanwysings, bel eenvoudig Auto+Plan by die tolvry nommer 0860-203-203. Jy kan selfs versoek dat jou lang padreis gemonitor word vir bykomende gemoedsrus, asook veiligheid en sekuriteit.

Die jongste diens is Auto Pedigree Insurance Brokers - wat beteken jy hoef nou nie meer rond te bel om die beste voertuigversekering te probeer opspoor nie, die versekeringsmakelaars doen dit vir jou. Auto Pedigree Insurance Brokers onderhandel dan namens jou met die versekeraars om só te verseker jy betaal die laagste maandelikse premie vir die bes moontlike dekking en voordele. Boonop kan hulle jou met ander versekeringbehoeftes help, soos huishoudelike versekering en begrafnisdekking.

Dié diens is nie net Auto Pedigree-kopers beskore nie; enigiemand kan bel om uit te vind waar hulle die beste pakket kan kry. Indien jy toegang het tot die internet, gaan loer by www.autopedigree.co.za en klik op die Insurance-knoppie regs bo op die skerm, voltooi die vorm en e-pos dit.

Ook duur die gewilde Voyager-promosie van Auto Pedigree weens oorweldigende openbare belangstelling steeds voort. Die aanbod is eenvoudig: koop ‘n goedgekeurde gebruikte motor by enige Auto Pedigree-tak en jy kan jou paspoort in orde kry en jou tasse pak vir die vakansie van ‘n leeftyd, of ‘n sakebesoek enige plek in Suid-Afrika of wêreldwyd.

Om te kwalifiseer, moet jy ‘n Voyager-lid wees, maar dis doodmaklik om lidmaatskap te kry. Jy kan op die internet by www.flysaa.com registreer, of andersins sal die Auto Pedigree-handelaar waar jy jou motor koop jou help met jou aansoek.

Die Imperial-groep se motorhuurmaatskappye is ook in vennootskap met Voyager, en daarom kon Auto Pedigree, wat ook deel is van dié groep, hierdie pakket met SAL Voyager deur Imperial Car Rental beding.

Alle lede wat ‘n gebruikte motor van die maatskappy vir die duur van die promosie koop, sal ‘n minimum van 10 000 myle ontvang - omtrent die helfte van ‘n retoervlug na sekere bestemmings in Suid-Afrika. Die aantal myle wat ontvang word, hang af van die soort motor wat jy koop.

As jy byvoorbeeld ‘n 2001-Mercedes-Benz E240 (ou vorm ) of ‘n 2001/2002-Nissan Hardbody 4x4-dubbelkajuit 3,0 of 3,3 koop, sal jy altesame 60 000 Voyager-myle ontvang - net 10 000 minder as wat nodig is vir ‘n vliegkaartjie na Londen of Parys.

Vir nog inligting oor die meer as 2 500 goedgekeurde gebruikte motors by Auto Pedigree-handelaars, of die Voyager-promosie en -voorwaardes, besoek jou naaste tak, of Auto Pedigree se omvattende webwerf by www.autopedigree.co.za, of bel die tolvry nommer 0860-11-1133. Besoek die webwerf, of bel die tolvry nommer nou om die regte wiele vir jou te verseker.


 
Click here for our
latest Newsletter
 
© Europ Assistance 2005    |    Legal notice    |    Website Disclaimer
This site is optimized for 1024 x 768 pixels